BIBLIA Harbour Mission Cape Town

Welkom by BIBLIA se eie Web-Tuiste!!!

Ons wil graag van hierdie geleentheid, wat die Here ons gegee het, gebruik maak om meer mense te bereik en om dit makliker te maak vir mense om te verstaan wat ons doen. 

"Seafarers" sal hoofsaaklik in Engels wees, aangesien dit meer aan die seelui gerig word met boodskappe, Bybelstudies ens. deur ons hawesendeling , Robert Wileman.

Ons sal ook ons ses-maandelikse nuusbrief  hier beskikbaar maak om te kan "download" asook ander inligting wat vir u interressant mag wees.

Ons hoop dat u van hierdie webtuiste gebruik sal maak  - laat ons gerus weet wat u daarvan dink.

WELCOME TO BIBLIA's OWN WEBSITE!!!

We would like to use this opportunity that the Lord gave us to reach more people and to help people to understand what we are doing.

"Seafarers"  will only be in English seeing that it is especially for them with Bible studies and messages from our port missionary, Robert Wileman.  We hope that this will be of great spiritual value to seamen worldwide.

BIBLIA se Strewe:
Dit kan in een sin beskryf word, naamlik om die opdrag van Matt. 28:19 uit te voer - om die evangelie-boodskap te deel met besoekende seelui. Ons besoek skepe
wat in Kaapstad Hawe aandoen en deel die blye boodskap met die bemanning. Dit bly ook uiters noodsaaklik om die seelui te laat weet dat ons omgee en daar is as hulle hulp nodig het.

Daarom is ons altyd gereed om van diens te wees, veral ook as onvoorsiene probleme opduik. Na maande op see benodig seemanne byvoorbeeld dikwels vervoer om inkopies te gaan doen. As die geleentheid hom voordoen, neem ons hulle ook kerk toe.

Dit is baie belangrik dat seelui altyd besef dat ons dit opreg bedoel en dat ons verteenwoordigers van die Here is. Van die middele waarmee ons na hulle uitreik is: Bybelverspreiding (Bybels in hulle eie taal) en Bybelstudies; Persoonlike gesprekke; Die Jesus DVD en Cd’s; en ook die uitdeel van klere, wolmusse, toiletware ens.

Wie is ons sendeling?

Robert Wileman werk al sedert 1982 as sendeling in Tafelbaai Hawe.  Saam met sy vrou, Amanda, onthaal hy dikwels seemanne aan huis, waar daar dan diep gesprekke oor die evangelie gevoer word.  So word daar dan ook 'n vertrouensverhouding gevorm - wat baie belangrik is in die uitdra van die blye boodskap.  (Sien foto in "Gallery")

“Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.” 1 Tess. 5:17-18.

Groete van almal by Biblia: Robert, Rina en Martin.

<May 2012>
SuMoTuWeThFrSa
293012345
6789101112
13141516171819
20212223242526
272829303112
3456789